Monday, 24 April 2017

Die tendens van die ‘’choker’’ halssnoer


‘n Halssnoer wat styf op die nek sit, genoem die ‘’choker’’ bleik om die nuwe ‘’in ding’’ te wees onder jong dames vandag. Elke ‘’choker’’ verskil deurdat dit van verskillende materiale gemaak kan word en verskillende byvoegsels kan bevat.
 
 

 
Die soort halssnoer het sy verskyning in die 1860s gemaak met Manet se bekende skildery, ‘’Olympia’’ (1863) van ‘n prostituut met ‘n swart strik hangertjie rondom haar nek. Gedurende daardie era was vroue wat ‘n soortgelyke strikkie om die nek gedra het geklassifiseer as prostitute. Die simbool van die ‘’choker’’ het wel met later jare verander. In 1874 was dit gesien om die nekke van ballerinas in Dega’s se skilderye. Daarna het dit ‘n mode geword onder koninklikes toe Alexadra, die Prinses van Wales dit gesien dra is. So ook het persone van ‘’elite’’ ekonomiese klasse die ‘’choker’’ begin dra. Diamante, pêrels en ander duur materiale was gebruik om unieke en spesiaal gemaakte ‘’chockers’’ te maak wat net reg om die kliënt se nek sou pas. Die ‘’chocker’’ het weer sy verskyning in die 1990s gemaak onder bekendes en vandag onder jongmense met die soeke om ‘’in’’ te wees. ‘’Chokers’’ is te siene op rooi tapyte, musiek feeste en sosiale media. Dit is geen verassing dat studente nie wil agter raak nie en selfs met die tendens op kampus spog.



 

Alhoewel ‘’chokers’’ as die ‘’in ding’’ op die oomblik beskou word en dit gereeld gesien kan word is daar wel jongmense wat se opinie teen die tendens spreek. ‘’ ‘’Chokers’’ is ''trendy'' en ek persoonlik is mal daaroor. Ter selfde tyd wil ek bylas deur te sê dat ek dink dit pas by ‘n spesifieke tipe persoon. Iemand wat meer ‘’edgy’’ is dra die mode tendens vir my goed’’ het kliniese tegnoloog student, Elsa van Blerk vertel.

Luister na nog kommentaar oor die ''choker'' hieronder:

Anoniem, B.Rek student van die Universiteit van die Vrystaat
 Victor Mulke, Joernalistiek student van die Universiteit van die Vrystaat

Hetsy jy daarvan hou of nie, weet dat die ''choker'' definitief 'n item is wat jy in Dal se Kas sal vind.

Staan die skoene vol van Sobukwe


Volgens Benjamin Progrund, ‘n joernalis, vriend en biograaf van Robert Mangaliso Sobukwe was Sobukwe ‘n individu wat definetief as braaf beskou kan word. Hy was een van die leiers wat teen apartheid geveg het. Een manier hoe hy dit gedoen het was toe hy die anti-pas wette optogte geïnisieer en gelei het op 21 Maart 1960. Die optog was vreedsaam gehandhaaf op die dag terwyl hul na die gemeenskaplike polisie stasies toe geloop het. Die betogers was wel afgebreek deur die apartheid regime. Dit het ingesluit die bloedbad wat plaasgevind het in Soweto waar 69 ongewapende betogers deur polisie geskiet was, meeste van agter soos wat hul probeer ontsnap het. Sobukwe was self gearresteer. Hy sou daarna nooit weer vryheid ken nie. Die apartheid regime sou uiteindelik Sobukwe sy lewe kos.

 

Gedurende die #Feesmustfall-protesoptogte in 2016 is name op bome op kampus geverf, onder andere was die naam van Sobukwe op een van die bome te vinde. Die nuwe generasie in Suid-Afrika veg steeds vir dit waarin in glo. Wat hul van Sobukwe kan leer is dat die optogte wat hy gelei het vreedsaam was. Hy het deur sy aksies vasgestel dat daar geen probleem is om op te staan vir wat jy in glo nie, maar dat alle mense van alle rasse en etnisiteit steeds regte besit. Hy het altyd die verantwoordelikheid van regte probeer dra, en nie net die regte alleen nie.

 

Hierdie tipe handelinge kan dien as ‘n voorbeeld vir nie net die generasies van vandag nie, maar ook vir nog baie generasies om te kom.  

 

As jy die hemp wil dra, maak seker jou broek pas daarby


Suid-Afrika roem op die feit dat die land as demokraties geklassifiseer kan word. Demokrasie verwys na ‘n sisteem van regering waarby die hele populasie of lede van die staat in aanmerking kom, gewoonlik deur verkiesde verteenwoordigers. Sinonieme wat gepaard gaan met die woord demokrasie is konsepte soos ‘’‘n populêre regering’’ en ‘’selfregering’. Gevolglik kan alle burgers van die land aanvaar dat daar menseregte aan hulle behoort wat ooreenstem met demokratiese waardes naamlik menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die moontlikheid bestaan wel dat ‘n persoon se regte weerhou kan word in sekere gevalle. Daarom is dit belangrik dat burgers besef dat alhoewel hulle regte besit, hul verantwoordelikheid vir daardie regte moet aanvaar. Twee regte het veral by my vasgesteek met Vryheidsdag wat op 27 April plaasvind en daar erkenning gegee word aan persoonlike en sosio-politieke vryheid, naamlik die reg van vryheid en sekerheid asook kinderregte.

 

Volgens die Handves van Regte het elke persoon die reg tot vryheid en sekerheid. Dit behels onder andere dat ‘n persoon nie sonder gegronde rede vryheid ontneem mag word nie, dat persone vry gehou moet word van alle vorme van geweld met openbare of publieke oorsprong, op geen wyse gemartel mag word nie, met ander woorde hulle het ook die reg tot liggaamlike en sielkundige integriteit. Laasgenoemde reg sluit byvoorbeeld dan ook in om besluite te neem oor voortplanting. Hierdie reg, soos elke ander kom wel nie sonder verantwoordelikheid nie. Dit is so belangrik om hierdie reg ook aan ander te skenk. ‘n Persoon moet situasies vermy wat hul dalk kan aanmoedig om iemand anders fisiese te na te kom, maar ook moet mense oplet om die emosionele skade wat hul iemand kan aandoen te vermy. Dit gebeur daagliks so maklik deur die opmerkings wat ons teenoor mekaar maak. Indien ons respekvolle kommunikasie aanmoedig bestaan die moontlikheid dalk dat iemand wat fisiese aanranding ervaar meer oop sal wees om daaroor te praat. Dit kan daartoe lei dat meer persone hul regte kan uitleef omdat ons bewus is as daar probleme is wat opgelos moet word.

 

Nog ‘n reg wat uitgestaan het was die van kinders. Dit sluit in dat elke kind die reg het tot gepaste sorg, voeding, skuiling, gesondheidsorgdienste en om nie verwaarloos te word nie, om ‘n paar te noem. Ongelukkig bestaan die realiteit dat baie kinders nie hierdie regte van hul kan uitleef nie. Soos reeds genoem het volwassenes die reg om hul eie besluite oor voortplanting te neem, maar dit is net hier waar die groot verantwoordelikheid om aan kinderregte te voldoen ter sprake kom. Ons as gemeenskap het wel nie altyd beheer oor hierdie situasies nie, maar of ons kinders het of nie, dra ons saam met die res van die gemeenskap die verantwoordelikheid om te sorg dat kinders ontvang dit wat hul nodig het. Daar bestaan baie gemeenskapsdienste wat daarop fokus om die lewens van veral kinders te verbeter. Doen navraag by institute soos die universiteit in jou gemeenskap of sommer net jou bure en vriende om uit te vind watter projekte daar is waarby jy kan betrokke raak.

 

Deur net ‘n bietjie moeite in te sit om te verseker dat ander se regte ‘n werklikheid word vind jy dalk dat jy self meer vervul word. Sodoende voel dit goed wanneer jou ‘’hemp by jou broek pas’’ en jy kan weet dat bypassende kleding stukke items is waarna Dal se Kas altyd sal strewe om te hê.