Monday, 13 March 2017

Oplossings om te verseker jy ontvang jou toga


Trek aan jou swart baadjie met n netjies kraag, ‘n bypassende swart broek en jou dinkpet, want vandag bespreek ons die meriete van verskeie veldtogte en groepe se eise en die pad voorentoe. Veldtogte soos die #FeesMustFall en die taalbeleid was van die Universitiet van die Vrystaat se grootste kwessies wat aandag getrek het in 2016. Vanuit die ervaringe wat opgedoen is as gevolg van hierdie veldtogte is dit noodsaaklik om moontlike oplossings te oorweeg indien ons vooruitgang nastrewe. Dit sluit in:

Erkenning aan diversiteit – Die betrokke veldtogte het plaasgevind as gevolg van diversiteit (verskille in rassegroepe, etnisiteit, sosiale status en lewenswyses). Hierdie diversiteit hoef nie altyd as die oorsaak van skeiding gesien te word nie, maar eerder as ‘n oplossing. Scientific American stel in hulle artikel ‘’How Diversity Makes Us Smarter’’ dat dit eintelik voor die hand liggend moet wees dat mense in verskillende groepe beter sal funksioneer indien hulle komplekse probleme moet oplos. Elk het die vermoë om ‘n ander perspektief uit te lig. Dit dwing ook mense om beter voor te berei. Indien ons die kreatiewe element in diversiteit kan raak sien en koppe saam sit kan daar moontelik antwoorde vir probleme ontwikkel word wat verkillende mense se stemme insluit.

Ontwikkeling van gemeenskaplike grond – Byeenkomste waar sosiale interaksie moontlik gemaak word vir mense van verskillende groepe kan nog ‘n moontlike oplossing wees. Dit kan byeenkomste insluit vanaf musiek vertonings tot seminars met ‘n variasie van onderwerpe. Veilige spasies kan geskep word waar mense se aandag geskuif word van net dit wat hulle anders maak van mekaar na die herinnering van die dinge wat hulle ingemeen het.

Die publiek se deelname – Persone wat buite die situasie staan kan moontelik sieninge daaroor verbreed, aangesien hulle ‘n groter element van objektiwiteit bevat. Instellings en hulle lede moet hulself oopmaak vir die publiek om insette te lewer indien probleme opgelos moet word. Die publiek bevat ook ‘n verskeidenheid van mense met verskillende agtergronde en raamwerke. Hierdie eienskap van die publiek kan oplossings ontwikkel waaraan die subjektiewe deelnemer dalk nooit sou aan gedink het nie.

Toepassing van hierdie voorstelle mag dalk daarna lei dat elke student die kans sal kry om hul toga en gradeplegtigheidshoed te dra.

Tot volgende keer, wanneer ons kyk wat hang in Dal se Kas

Xoxo Dalise     

Wat hang in Dal se Kas?

Iemand het een keer gesê dat smaak of dan nou styl dalk die magtigste vorm van kuns kan wees. Dit bevat beweging, ontwerp en argitektuur, alles is een. Dit wys die wêreld wie ons is en wie ons eendag wil wees. As ‘n klein dogtertjie het my ma dit altyd geniet om my soos ‘n pop aan te trek. My kleuterskool juffrou het gesê dat sy nie kon wag om elke oggend te sien met watter uitrusting ek by die skooltjie sou aankom nie. Ek glo dat my liefde vir styl daardie tyd ontwikkel is en tot vandag is dit iets wat ek koester. Ek glo natuurlik dat as ‘n joernalistiek student, wat moontelik met nog baie mense in die toekoms gaan werk, styl nie ‘n slegte eienskap is om te besit nie. ‘’Look the part’’ is ook ‘n frase wat by my vasgesteek het. Uitrustings vertel ook stories en elke geleentheid het ‘n uitrusting wat perfek daarmee sal gaan. Soms kan ‘n persoon onseker wees oor ‘’wat pas nou saam met wat, wanneer en waar?’’… soek nie verder! In Dal se Kas sal jy die antwoorde vind tot wat om wanneer aan te trek, ons kyk ook na ander belangrikke kwessies en miskien onthul ek ‘n paar geraamtes uit die kas. Die inhoud waarvoor jy kan uitsien bevat werklike stories uit die oogpunt van ‘n meisie wat net ‘n liefde vir styl het. Indien jy as leser daarmee kan vereenselwig, is jy op die regte plek!

Tot volgende keer, wanneer ons kyk wat hang in Dal se Kas.

Xoxo Dalise