Trek aan jou swart baadjie met n netjies kraag, ‘n bypassende swart broek en jou dinkpet, want vandag bespreek ons die meriete van verskeie veldtogte en groepe se eise en die pad voorentoe. Veldtogte soos die #FeesMustFall en die taalbeleid was van die Universitiet van die Vrystaat se grootste kwessies wat aandag getrek het in 2016. Vanuit die ervaringe wat opgedoen is as gevolg van hierdie veldtogte is dit noodsaaklik om moontlike oplossings te oorweeg indien ons vooruitgang nastrewe. Dit sluit in:
Erkenning aan diversiteit –
Die betrokke veldtogte het plaasgevind as gevolg van diversiteit (verskille in
rassegroepe, etnisiteit, sosiale status en lewenswyses). Hierdie diversiteit
hoef nie altyd as die oorsaak van skeiding gesien te word nie, maar eerder as ‘n
oplossing. Scientific American stel in hulle artikel ‘’How Diversity Makes Us
Smarter’’ dat dit eintelik voor die hand liggend moet wees dat mense in
verskillende groepe beter sal funksioneer indien hulle komplekse probleme moet
oplos. Elk het die vermoë om ‘n ander perspektief uit te lig. Dit dwing ook
mense om beter voor te berei. Indien ons die kreatiewe element in diversiteit
kan raak sien en koppe saam sit kan daar moontelik antwoorde vir probleme
ontwikkel word wat verkillende mense se stemme insluit.
Ontwikkeling van gemeenskaplike grond – Byeenkomste
waar sosiale interaksie moontlik gemaak word vir mense van verskillende groepe kan
nog ‘n moontlike oplossing wees. Dit kan byeenkomste insluit vanaf musiek
vertonings tot seminars met ‘n variasie van onderwerpe. Veilige spasies kan
geskep word waar mense se aandag geskuif word van net dit wat hulle anders maak
van mekaar na die herinnering van die dinge wat hulle ingemeen het.
Die publiek se deelname –
Persone wat buite die situasie staan kan moontelik sieninge daaroor verbreed,
aangesien hulle ‘n groter element van objektiwiteit bevat. Instellings en hulle
lede moet hulself oopmaak vir die publiek om insette te lewer indien probleme opgelos
moet word. Die publiek bevat ook ‘n verskeidenheid van mense met verskillende
agtergronde en raamwerke. Hierdie eienskap van die publiek kan oplossings
ontwikkel waaraan die subjektiewe deelnemer dalk nooit sou aan gedink het nie.
Toepassing
van hierdie voorstelle mag dalk daarna lei dat elke student die kans sal kry om
hul toga en gradeplegtigheidshoed te dra.
Tot
volgende keer, wanneer ons kyk wat hang in Dal se Kas
Xoxo
Dalise
No comments:
Post a Comment